fbs

Graad 5 Natuurwetenskap en Tegnologie Kwartaal 4 Eksamen vraestel

R40.00

Graad 5 Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 4-vraestel van 50 punte, met volledige memorandum en kognitiewe vlakverdeling. Dek Energie en Verandering en Planeet Aarde en die Ruimte. Ideaal vir formele assessering, hersiening of toetsvoorbereiding.

Description

Hierdie Graad 5 Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 4-vraestel is saamgestel om leerders se kennis, begrip, toepassing en denkvaardighede oor die inhoud van Kwartaal 4 te assesseer.

Die vraestel bestaan uit twee afdelings en tel 50 punte. 

Afdeling A: Energie en Verandering (30 punte) sluit onder andere die volgende onderwerpe in: verbranding van brandstowwe en die vuurdriehoek, energie rondom ons, gestoorde energie, energie en elektrisiteit, elektriese stroombane, elektriese veiligheid en energie en beweging. 

Afdeling B: Planeet Aarde en die Ruimte (20 punte) sluit die beweging van die Aarde, die oppervlak van die Aarde, grondsoorte en bogrond, sedimentêre gesteentes en fossiele in. 

Verskillende vraagtipes word gebruik, waaronder meervoudigekeusevrae, kortvrae, rangskikking, diagramme, toepassing en eenvoudige probleemoplossing. Die vraestel bevat ook visuele materiaal om leerders se begrip en interpretasie te assesseer.

‘n Volledige memorandum word ingesluit. Die memorandum bevat ook ‘n uiteensetting van die vraestel volgens kognitiewe vlakke, wat dit makliker maak vir onderwysers om die assessering te modereer en te gebruik.

Die produk is geskik vir gebruik as ‘n formele Kwartaal 4-assessering, hersiening of oefenvraestel vir Graad 5 Natuurwetenskappe en Tegnologie.

Die vraestel en memorandum word in bewerkbare DOCX-formaat verskaf, wat die onderwyser die vryheid gee om die dokument aan te pas volgens die behoeftes van sy/haar leerders.

U mag hierdie dokument wysig en afskrifte daarvan maak ten einde u leerders in staat te stel om die assessering te voltooi. U word egter vriendelik versoek om die werk van die opsteller te respekteer en om nie die vraestel, memorandum of gewysigde weergawes daarvan elektronies te versprei of met ander persone te deel nie.

Additional information

Detail

Exam papers & Memorandums

Grade

Grade 5

Language

Afrikaans

Subject

Natural Science, Natural Sciences & Technology

Reviews

There are no reviews yet

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

No more offers for this product!
[]