Description
Hierdie produk bevat ‘n Leerder-en Onderwysersgids vir Graad 7 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, kwartaal 1. Die leerdersgids sluit verduidelikings met toetsoefeninge in verskillende onderwerpe in en is nie op enige handboek gebaseer nie. Al vier die vaardighede: Luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied asook taalstruktuur en -konvensies word behandel (opsteller – eksterne party).
Hardoplees (read aloud)
Leesbegrip & Luistertoets (reading comprehension & listening test)
Mondeling (oral)
Instruksies/Opsommings (instructions/summaries)
Opstelle/paragrawe (essays/paragraphs)
Begripstoetse (comprehension tests)
Gedigte (poems)
Boekresensie (book review)
Dialoog (dialogue)
Punktuasie & leestekens (punctuation, capital letters etc.)
Klinkers en medeklinkers (vowels & consonants)
Lettergrepe (syllables)
Afkortings (abbreviations)
Skryftekens ( ̈ ^ ‘)
Meervoude & verkleinwoorde (plurals & diminutives)
Manlik & vroulik – Geslag (gender)
Werkwoorde (verbs)
Samestellings (compounds)
Afleidings/ voor & -agtervoegsels (prefixes & suffixes)
Kwartaaltoets (quarterly test)
Die pakket is beplan en ontwikkel volgens die KABV dokument.
Dit is nie op enige handboek gebaseer nie. Die leerderboek vervang dus die taalhandboek, maar leesboeke uit ander reekse moet nog steeds gebruik word om lees aan te vul.
Dit bestaan uit vyf tweeweeksiklusse en sluit ook alle formele take (assesserings) in.
Die graad 7 leerderboek sluit verduidelikings met toetsoefeninge in verskillende onderwerpe in.
Die onderwysergids sluit die jaarbeplanning, kwartaalbeplanning, werkskedule, memorandums vir informele sowel as formele aktiwiteite en ‘n item en foutontleding by toepaslike aktiwiteite in. Die onderwyser se beplanning is tot die minimum beperk.
Die produk vergemaklik administratiewe werk en is baie gebruikersvriendelik.
Dit is baie geskik vir tuisondderig.
Beide die leerderboek en die onderwysersgids bestaan uit 90+ bladsye.
Al vier die vaardighede: Luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied asook taalstruktuur en -konvensies word in elke tweewekesiklus behandel.









Reviews
There are no reviews yet