Description
Hierdie Graad 4 Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 4-vraestel bestaan uit twee afdelings. Afdeling A handel oor ENERGIE en Afdeling B handel oor DIE RUIMTE.
Die vraestel bevat ’n verskeidenheid vraagsoorte, waaronder meervoudigekeusevrae, waar-of-onwaar-vrae, pas-kolomme, invulvrae, direkte vrae, prentgebaseerde vrae en toepassingsvrae. Leerders kry dus die geleentheid om nie slegs feite en begrippe te herroep nie, maar ook hul kennis en begrip in verskillende situasies toe te pas.
Die vraestel tel 40 punte en is opgestel volgens die voorgeskrewe kognitiewe vlakke van Bloom se Taksonomie.
’n Volledige memorandum word saam met die vraestel verskaf. Die memorandum bevat die voorgestelde antwoorde en ’n uiteensetting van die kognitiewe vlakke en puntetoekenning.
Die vraestel en memorandum word in bewerkbare DOCX-formaat verskaf, wat die onderwyser die vryheid gee om die dokument aan te pas volgens die behoeftes van sy/haar leerders.
U mag hierdie dokument wysig en afskrifte daarvan maak ten einde u leerders in staat te stel om die assessering te voltooi. U word egter vriendelik versoek om die werk van die opsteller te respekteer en om nie die vraestel, memorandum of gewysigde weergawes daarvan elektronies te versprei of met ander persone te deel nie.




Reviews
There are no reviews yet